SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.79 número2 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Koers

versión On-line ISSN 2304-8557
versión impresa ISSN 0023-270X

Resumen

FORSTER, Dion. Geroep tot die werk: 'n Beskrywende analise van Call42 se navorsing oor geloof en werk in Suid-Afrika. Koers (Online) [online]. 2014, vol.79, n.2, pp.1-9. ISSN 2304-8557.  http://dx.doi.org/10.4102/koers.v79i2.2143.

Daar is baie min empiriese navorsing gedoen oor die geloof en werk, veral as dit verband hou met die ervaring en verwagtinge van die Christene in die 'wêreld van werk' in Suid-Afrika. Hierdie artikel bespreek die mees onlangse navorsing van hierdie aard wat uitgevoer is deur Call42. Call42 het gedurende 2011 en 2012 'n empiriese navorsingsprojek oor geloof, roeping en die wêreld van werk uitgevoer. Die bevindinge is ná Julie 2012 aan die publiek bekendgestel. Dit is tans die mees onlangse inligting wat oor hierdie onderwerp beskikbaar is; ook die bevindinge en navorsingsproses self is verdere akademiese oorweging werd. Die Call42 navorsing is geïnisieer deur 'n groep jong Christen professionele mense (hoofsaaklik ingenieurs) en as sodanig bring dit 'n perspektief op die geloof en die werk van binne die primêre konteks van die wêreld van werk, eerder as vanuit die konteks van die teologie of die kerk. Die bevindinge van die navorsing het implikasies vir die kerk en kerklike beamptes (priesters, pastore en leiers). Die gevolgtrekkings het ook implikasies vir Christene in die wêreld van werk, studente wat dit oorweeg om 'n beroep of loopbaan buite die pastorale bediening op te neem, en maatskappye en organisasies wat 'n eksplisiete of implisiete Christelike oriëntasie het.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons