SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.79 issue2Modern slavery in the post-1994 South Africa? A critical ethical analysis of the National Development Plan promises for unemployment in South AfricaLeader responsibility in the workplace: Exploring the shepherd metaphor in the book of Jeremiah author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Koers

On-line version ISSN 0023-270X

Abstract

ARUMUGAM, Stanley. Integrasie van 'n menseregte-gebaseerde benadering tot Christelike ontwikkeling. Koers (Online) [online]. 2014, vol.79, n.2, pp. 1-9. ISSN 0023-270X.  http://dx.doi.org/10.4102/KOERS.V79I2.2130.

In die afgelope dekade is godsdiens erken as van kritieke belang om die volhoubare internasionale inisiatiewe vir ontwikkeling te verseker, terwyl die dominante paradigma van die Westerse sekularisme skyn te misluk in die globale Suide. Hierdie artikel fokus op die evangeliese Christendom se belangrike historiese bydrae tot internasionale ontwikkeling en ondersoek sommige van die ideologiese spanninge wat 'n vennootskap met sekulêre organisasies bemoeilik. Die gevolglike afsonderlike en parallelle pogings van die evangeliese Christendom en die internasionale nie-regeringsorganisasie sektor (INGO) is duur en teenproduktief in die versorging van die armes. Vele INGO's het onlangs die menseregte-gebaseerde benadering, wat 'n sterk verbintenis tot sosiale geregtigheid en solidariteit met die armes het, aangeneem - waardes wat sentraal is tot die Bybel. Daar sal aangevoer word dat hierdie gedeelde benadering die nodige brug kan voorsien om 'n dieper betrokkenheid in die vorm van sosiale aksie tussen sekulêre ontwikkelingsagente en evangeliste te fasiliteer. Die kritieke rol van die evangeliese Christendom in die aanspreek van armoede as 'n menseregte-kwessie in Suid-Afrika word ook kortliks behandel.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License