SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.79 número2Institutional identity: A possible solution to the religion in/and education quandaryThe informatisation of our image of the human being índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Koers

versión On-line ISSN 2304-8557
versión impresa ISSN 0023-270X

Resumen

DREYER, Jaco S.  y  HERMANS, Chris A.M.. Spirituele karaktereienskappe en leierskap in die skool as werkplek: 'n Ondersoek na die verband tussen spiritualiteit en skoolleierskap in 'n aantal privaat- en godsdiensgeaffilieerde skole in Suid-Afrika. Koers (Online) [online]. 2014, vol.79, n.2, pp.01-09. ISSN 2304-8557.

Die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel is in 'n krisis. Hierdie situasie stel skoolhoofde en skoolbestuursliggame bloot aan geweldige eise, en gee aanleiding tot verskeie teoretiese en empiriese vrae. Transformatiewe leierskap is nodig om hierdie uitdaging en kompleksiteite die hoof te bied. Skoolleiers verskil egter ten opsigte van transformatiewe leierskap, met sommige leiers wat andersoortige leierskapstyle het. Die doel met hierdie artikel is om die verband tussen spirituele karaktereienskappe en leierskapstyle teoreties en empiries te ondersoek. Die teoretiese gedeelte gee aandag aan die konseptualisering van leierskap(-style) en spiritualiteit. Die empiriese navorsing maak gebruik van die resultate van 'n web-gebaseerde ondersoek wat onder leiers van 'n aantal privaat- en godsdiens-geaffilieerde skole in Suid-Afrika in 2011-2012 onderneem is. Die Multifaktor-leierskapvraelys (MLQ) en Cloninger se verkorte weergawe van die Temperament- en Karakteropname (TCI-140) is gebruik om onderskeidelik leierskapstyl en spirituele karaktereienskappe te meet. Die statistiese ontledings sluit bevestigende faktoranalise, korrelasie (Pearson se rho) en regressie-analise in. Die vernaamste bevindinge is dat leiers van privaatskole in Suid-Afrika meestal saamstem met 'n transformatiewe leierskapstyl, 'n korrektiewe leierskapstyl verwerp, en glad nie saamstem met 'n passief-vermydende leierskapstyl nie. Met betrekking tot die spirituele karaktereienskappe stem die leiers saam met self-transendensie en veral met selfgedrewenheid. Dit blyk dat spirituele karaktereienskappe sterk voorspellers is vir transformatiewe leierskap. Die navorsing suggereer verder dat tradisionele godsdiensveranderlikes minder belangrike voorspellers is vir leierskapstyl as spirituele karaktereienskappe.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons