SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.79 issue2Institutional identity: A possible solution to the religion in/and education quandaryThe informatisation of our image of the human being author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Koers

On-line version ISSN 2304-8557
Print version ISSN 0023-270X

Abstract

DREYER, Jaco S.  and  HERMANS, Chris A.M.. Spirituele karaktereienskappe en leierskap in die skool as werkplek: 'n Ondersoek na die verband tussen spiritualiteit en skoolleierskap in 'n aantal privaat- en godsdiensgeaffilieerde skole in Suid-Afrika. Koers (Online) [online]. 2014, vol.79, n.2, pp.01-09. ISSN 2304-8557.

Die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel is in 'n krisis. Hierdie situasie stel skoolhoofde en skoolbestuursliggame bloot aan geweldige eise, en gee aanleiding tot verskeie teoretiese en empiriese vrae. Transformatiewe leierskap is nodig om hierdie uitdaging en kompleksiteite die hoof te bied. Skoolleiers verskil egter ten opsigte van transformatiewe leierskap, met sommige leiers wat andersoortige leierskapstyle het. Die doel met hierdie artikel is om die verband tussen spirituele karaktereienskappe en leierskapstyle teoreties en empiries te ondersoek. Die teoretiese gedeelte gee aandag aan die konseptualisering van leierskap(-style) en spiritualiteit. Die empiriese navorsing maak gebruik van die resultate van 'n web-gebaseerde ondersoek wat onder leiers van 'n aantal privaat- en godsdiens-geaffilieerde skole in Suid-Afrika in 2011-2012 onderneem is. Die Multifaktor-leierskapvraelys (MLQ) en Cloninger se verkorte weergawe van die Temperament- en Karakteropname (TCI-140) is gebruik om onderskeidelik leierskapstyl en spirituele karaktereienskappe te meet. Die statistiese ontledings sluit bevestigende faktoranalise, korrelasie (Pearson se rho) en regressie-analise in. Die vernaamste bevindinge is dat leiers van privaatskole in Suid-Afrika meestal saamstem met 'n transformatiewe leierskapstyl, 'n korrektiewe leierskapstyl verwerp, en glad nie saamstem met 'n passief-vermydende leierskapstyl nie. Met betrekking tot die spirituele karaktereienskappe stem die leiers saam met self-transendensie en veral met selfgedrewenheid. Dit blyk dat spirituele karaktereienskappe sterk voorspellers is vir transformatiewe leierskap. Die navorsing suggereer verder dat tradisionele godsdiensveranderlikes minder belangrike voorspellers is vir leierskapstyl as spirituele karaktereienskappe.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License