SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.79 número1Hermeneia: A theological discourse on hermeneutical issues with three South African theologians índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Koers

versión On-line ISSN 2304-8557
versión impresa ISSN 0023-270X

Resumen

JOCHEMSEN, Henk; NONYANE, Honey; REINECKE, Carolus  y  ZAAIMAN, Johan. Houdings en persepsies aangaande metabolomika-navorsing oor MIV en VIGS: Die ontwikkeling van 'n dinamiese model betreffende basiese oortuigings, tegnologie en gedrag. Koers (Online) [online]. 2014, vol.79, n.1. ISSN 2304-8557.

OPSOMMING Afrika is swaar getref deur die impak van die menslike immuuntekort-virus (MIV) en die verkreë immuungebrek-sindroom (VIGS) pandemie. Suid-Afrika is nie hierop 'n uitsondering nie. Afgesien van voorkomende maatreëls, is beter maniere van behandeling en 'n vertraging in die aanvang van simptome steeds hoog op die ranglys. Resente biomediese ontwikkelinge in Suid-Afrika, spesifiek ten opsigte van genomika en metabolomika, kan wesentlik bydra tot meer doelmatige behandeling en diëte. Die aard van hierdie tegnologieë is egter gevestig in die hedendaagse Westerse kultuur en sluit konsepte en waardes in wat vreemd mag wees aan persone met 'n ander kultuur en werklikheidsvisie in gemeenskappe van semi-stedelike gebiede in Suid-Afrika. Die vraag is hoe hierdie gemeenskappe op 'n eties verantwoordbare en doelmatige wyse aan hierdie tegnologieë bekendgestel kan word. Om hierdie vraag te probeer beantwoord, is 'n kwalitatiewe navorsingsprojek met verteenwoordigende individue vanuit so 'n gemeenskap van Potchefstroom in Suid-Afrika onderneem. Die resultate toon dat die wereldbeeld en oortuigings van hierdie groep betekenisvol bydra tot hulle beskouing van MIV en VIGS en die behandeling daarvan. Deur hierdie gegewens kon 'n bestaande kwalitatiewe en teoretiese model, wat kulturele en wêreldbeskoulike oortuigings met die oriëntasie van individue in verband bring, uitgebrei word in 'n empiries geïnformeerde dinamiese model wat die effek van die invoer van nuwe tegnologieë op die oortuigings en gedragsisteem van die gemeenskap uitbeeld.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons