SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.79 issue1Goals, ways and the roots of our economic crisisKuyperania in recent years author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Koers

On-line version ISSN 2304-8557
Print version ISSN 0023-270X

Abstract

JOCHEMSEN, Henk; NONYANE, Honey; REINECKE, Carolus  and  ZAAIMAN, Johan. Houdings en persepsies aangaande metabolomika-navorsing oor MIV en VIGS: Die ontwikkeling van 'n dinamiese model betreffende basiese oortuigings, tegnologie en gedrag. Koers (Online) [online]. 2014, vol.79, n.1. ISSN 2304-8557.

OPSOMMING Afrika is swaar getref deur die impak van die menslike immuuntekort-virus (MIV) en die verkreë immuungebrek-sindroom (VIGS) pandemie. Suid-Afrika is nie hierop 'n uitsondering nie. Afgesien van voorkomende maatreëls, is beter maniere van behandeling en 'n vertraging in die aanvang van simptome steeds hoog op die ranglys. Resente biomediese ontwikkelinge in Suid-Afrika, spesifiek ten opsigte van genomika en metabolomika, kan wesentlik bydra tot meer doelmatige behandeling en diëte. Die aard van hierdie tegnologieë is egter gevestig in die hedendaagse Westerse kultuur en sluit konsepte en waardes in wat vreemd mag wees aan persone met 'n ander kultuur en werklikheidsvisie in gemeenskappe van semi-stedelike gebiede in Suid-Afrika. Die vraag is hoe hierdie gemeenskappe op 'n eties verantwoordbare en doelmatige wyse aan hierdie tegnologieë bekendgestel kan word. Om hierdie vraag te probeer beantwoord, is 'n kwalitatiewe navorsingsprojek met verteenwoordigende individue vanuit so 'n gemeenskap van Potchefstroom in Suid-Afrika onderneem. Die resultate toon dat die wereldbeeld en oortuigings van hierdie groep betekenisvol bydra tot hulle beskouing van MIV en VIGS en die behandeling daarvan. Deur hierdie gegewens kon 'n bestaande kwalitatiewe en teoretiese model, wat kulturele en wêreldbeskoulike oortuigings met die oriëntasie van individue in verband bring, uitgebrei word in 'n empiries geïnformeerde dinamiese model wat die effek van die invoer van nuwe tegnologieë op die oortuigings en gedragsisteem van die gemeenskap uitbeeld.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License