SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.79 número1Reflections on a Christian view of human communicationMorality, the obtrusive and the conditional índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Koers

versão On-line ISSN 2304-8557
versão impressa ISSN 0023-270X

Resumo

GOUDZWAARD, Bob. Doelwitte, weë en die wortels van ons ekonomiese krisis. Koers (Online) [online]. 2014, vol.79, n.1. ISSN 2304-8557.

OPSOMMING Hierdie artikel vra of, en tot watter mate, religieuse standpunte, insluitend die standpunte van die kerke wat betrokke is, saak maak in die analise van die wortels van die huidige globale ekonomiese krisis, en selfs meer in die bespreking van hoe om die krisis self te oorkom. Ekonomiese kundiges, soos Stiglitz, wys op die teenwoordigheid van faktore soos hebsug, vrees en uiterste selfsugtige gedrag. Dit lei onvermydelik tot die etiese (en eintlik ook religieuse) vraag van hoe ver persone, veral ekonomiese agente, kan gaan in die najaag van hulle eie ekonomiese belange sonder om ander skade te berokken. Jesus het sy dissipels gevra om hom te volg: saam met Bonhoeffer kan ons dit 'n Weg-oriëntasie noem. Waar en hoe ver kan 'n konflik tussen menslike doel-oriëntasies aan die een kant, en 'n Bybelse weg-oriëntasie aan die ander kant ontstaan? En is dit inderdaad relevant wanneer ons ons huidige ekonomiese krisis bekyk? Hierdie artikel verdedig laasgenoemde posisie en beskryf van die kategorieë (soos die keuse van finale betekenis, die onaantasbaarheid van gekose instrumente en die demonisering van opponente) wat aantoon dat die grenslyn tussen verantwoordelike en onverantwoordelike doel-oriëntasies oorgesteek word. Die verheerliking van hebsug en die delegeer van finale mag na finansiële markte dui daarop dat elemente van idolatrie (of gehoorsaamheid aan Mammon) inderdaad tans teenwoordig is en die huidige ekonomiese krisis vererger. Dit impliseer dat die terugkeer na 'n keuse vir bepalende normatiewe Weg-oriëntasies in die ekonomiese lewe moontlik die enigste ware Weg uit vir die huidige ekonomiese krisis is.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons