SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.79 número1A Christian mission of glocal culture within riven societies in God's worldTraces of neo-Calvinism in France and Italy índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Koers

versão On-line ISSN 2304-8557
versão impressa ISSN 0023-270X

Resumo

VAN DER WALT, Johannes L.  e  OOSTHUIZEN, Izak J.. Gewelddadige samelewings: Die opvoeding van die opkomende geslagte rakende hulle sosiale kontrak. Koers (Online) [online]. 2014, vol.79, n.1. ISSN 2304-8557.

OPSOMMING Dieburgers van baie lande indie wêreld, dog in die besonder diévan Suid-Afrika, ervaar tans die ineenstorting van die sosiale orde in hulle land as gevolg van die inspeling van baie faktore. Hierdie toestand van sosiale disintegrasie het opvoeders en opvoedkundiges daartoe gelei om andermaal die aard en die inhoud van die sosiale kontrak waartoe Suid-Afrikaners hulle verbind het, te ondersoek. Die sosiale kontrak behoort in sekulêre state minstens in twee etiese beginsels gewortel te wees, naamlik vertroue en humanistiese weergawes van die Goue Reël. 'n Ontleding van die Suid-Afrikaanse sosiale kontrak illustreer hierdie punt, en toon ook hoedat 'n positiewe modus vivendi [saamlewe] kan voortvloei uit die erkenning en toepassing van hierdie twee beginsels. Die komende geslagte behoort derhalwe opgevoed te word om die aard en inhoud van hulle sosiale kontrak, die twee etiese beginsels waarop dit behoort te berus, en die noodsaaklikheid van 'n positiewe modus vivendi te verstaan en toe te pas.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons