Servicios Personalizados
Articulo
Indicadores
Links relacionados
Citado por Google
Similares en Google
Compartir
Koers
versión On-line ISSN 2304-8557
versión impresa ISSN 0023-270X
Resumen
VAN DER WALT, Johannes L. y OOSTHUIZEN, Izak J.. Gewelddadige samelewings: Die opvoeding van die opkomende geslagte rakende hulle sosiale kontrak. Koers (Online) [online]. 2014, vol.79, n.1. ISSN 2304-8557.
OPSOMMING Dieburgers van baie lande indie wêreld, dog in die besonder diévan Suid-Afrika, ervaar tans die ineenstorting van die sosiale orde in hulle land as gevolg van die inspeling van baie faktore. Hierdie toestand van sosiale disintegrasie het opvoeders en opvoedkundiges daartoe gelei om andermaal die aard en die inhoud van die sosiale kontrak waartoe Suid-Afrikaners hulle verbind het, te ondersoek. Die sosiale kontrak behoort in sekulêre state minstens in twee etiese beginsels gewortel te wees, naamlik vertroue en humanistiese weergawes van die Goue Reël. 'n Ontleding van die Suid-Afrikaanse sosiale kontrak illustreer hierdie punt, en toon ook hoedat 'n positiewe modus vivendi [saamlewe] kan voortvloei uit die erkenning en toepassing van hierdie twee beginsels. Die komende geslagte behoort derhalwe opgevoed te word om die aard en inhoud van hulle sosiale kontrak, die twee etiese beginsels waarop dit behoort te berus, en die noodsaaklikheid van 'n positiewe modus vivendi te verstaan en toe te pas.