SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.79 issue1Religion in education: Is there yet another solution?A Christian mission of glocal culture within riven societies in God's world author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Koers

On-line version ISSN 2304-8557
Print version ISSN 0023-270X

Abstract

HENDRICKS, Gavin P.. [title language="af"]Derrida se kritiek op logosentrisme teenoor tekssentrisme: 'n Toepassing op Johannes 1v1. Koers (Online) [online]. 2014, vol.79, n.1. ISSN 2304-8557.

OPSOMMING In Kelber se hermeneutiek van Johannes is die pre-eksistensie van die Logos sentraal. Die Logos, volgens sy lesing, gaan vooraf aan die historiese gebied en staan buite die realiteit van die narratiewe teks. Ek het geargumenteer dat die Logos by Johannes beskou word as 'n eksemplariese geval van logosentrisme, soos Derrida dit omskryf het. Die term 'logosentrisme' verwys na die Grieks-Christelike of Johanneïese Platonistiese tradisie waarvolgens geskrewe taal tot die onvolmaakte hoort, terwyl ware kennis verband hou met die vooraf-bestaande, gepersonifieerde Logos. In sy werk bied Derrida 'n ongekompromitteerde kritiek op logosentrisme. Hy lees Westerse teologie en filosofie nie in terme van 'n wegvaag van logosentrisme en die opkoms van tekssentrisme nie, maar eerder in terme van die illusie van logosentrisme. Derrida se noodbeginsel is die verwysingsraamwerk vir taal. Die taalteken word omskryf deur die betekenaar en betekende. Die betekenaar konstitueer die sigbare merkies op die papier geplaas en die betekende is die sogenaamde betekenis wat ons aan hulle heg. Volgens Derrida word geskrewe taal in die algemeen as minderwaardig beskou terwyl gesproke taal transendentale betekenis verkry en 'n ontologiese status met betrekking tot die verwysing van taal. Die Westerse tradisie in filosofie en teologie sien skrywe as uiterlik terwyl praat as onskuldig verskyn. Derrida se logosentriese aanpak val die bevoorregting van praat bo skrywe in die verwysingsraamwerk aan en beskuldig Westerse teologie en filosofie dat dit die teken valslik verslaaf deur 'n transendentale betekenaar teenoor skrywe te stel. In hierdie artikel is bogenoemde idees van Derrida toegepas deur die Logos in die Johanneïese narratief uit die oogpunt van oraliteit en tekstualiteit te lees.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License