SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.79 issue1The shift to the subject in 20th century philosophy of science: A liberating move?The implications of a consistent problem-historical method of philosophical historiography for gender distinctions and relations author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Koers

On-line version ISSN 0023-270X

Abstract

VAN DER WALT, Izak J.  and  THERON, Petria M.. Suid-Afrika se volhoubaarheid in die lig van wêreldbeelde: Prakties-teologiese perspektiewe. Koers (Online) [online]. 2014, vol.79, n.1, pp. 1-9. ISSN 0023-270X.

Volgens die Fund for Peace (FFP) se indeks vir die volhoubaarheid van verskillende lande flikker daar gevaarligte vir Suid-Afrika as gevolg van verskynsels soos 'n stygende demografiese druk op natuurlike hulpbronne en 'n ongelyke verdeling van welvaart. Hierdie toestand kan tot 'n mindere of meerdere mate toegeskryf word aan die wyse van regering. In hierdie artikel word die moontlikheid ondersoek of die huidige onvolhoubare pad waarop Suid-Afrika ditself bevind, beïnvloed word deur die regerende party se wêreldbeeld(e). Die konsep wêreldbeeld word kortliks beskryf en ontleed in die konteks van die samestelling en ontwikkelingsgeskiedenis van die Suid-Afrikaanse regerende party. Vervolgens word enkele verbande tussen volhoubaarheid en wêreldbeeld verken. Ten slotte word die vraag gestel hoe Christene wat die Woord van God op alle lewensterreine wil gehoorsaam, oor volhoubaarheid behoort te dink en wat hulle kan doen om Suid-Afrika se situasie te verbeter. Die sentraal-teoretiese argument in hierdie artikel is dat 'n reformatoriese wêreldbeeld 'n raamwerk bied waarvolgens mense hulle denke, besluite en optrede kan beoordeel en, indien nodig, kan verander om volhoubaarheid in Suid-Afrika tot die voordeel van alle landsburgers te bevorder.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License