SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.79 número1B.J. van der Walt's concentration problem índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Koers

versão On-line ISSN 2304-8557
versão impressa ISSN 0023-270X

Resumo

ALLY, Mashuq. Vergifnis en nie-vergewensgesindheid: Die verdediging van selfrespek in alternatiewe response op onreg. Koers (Online) [online]. 2014, vol.79, n.1, pp.1-8. ISSN 2304-8557.

Hierdie artikel fokus op die opvatting dat negatiewe morele emosies teenoor 'n kwaaddoener, hetsy in vergifnis of as gevolg van 'n nie-vergewensgesindheid, kan voortduur en herinneringe van onreg aanwakker. Dit maak 'n tipe beswaar teen die onreg; selfs 'n soort protes daarteen omdat dit blyk dat die onreg die slagoffer se waardegevoel ondermyn. Ek voer aan dat die waarde van sekere nie-vergeldingsgesindhede of -emosies by die polisiëring van die grense van slagoffers se selfrespek onderskat word en probeer verduidelik waarom sulke gesindhede of emosies - wat die diepste bekommernisse van die slagoffers van onreg reflekteer - van sentrale belang is. Ek verdedig die behoefte aan diverse response wat beter pas by die genuanseerde reaksies onder diegene wat hulle seerkry probeer verwerk, veral diegene wat kies om nie te vergewe nie. Watter houding ook al aangeneem word, bly die beskerming van hul selfrespek die kernwaarde wat slagoffers van onreg probeer verdedig.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons