SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.78 issue3 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Koers

On-line version ISSN 2304-8557
Print version ISSN 0023-270X

Abstract

KOURKOUTAS, Elias E.  and  WOLHUTER, Charl C.. Die hantering van leerderdissiplineprobleme: 'n Psigo-sosiale geheelskoolbenadering. Koers (Online) [online]. 2013, vol.78, n.3, pp.1-8. ISSN 2304-8557.  http://dx.doi.org/10.4102/KOERS.V78I3.550.

Leerderdissipline in Suid-Afrikaanse skole is 'n probleem. Die mees problematiese aspek is die hantering van dié probleme. Navorsing het aangetoon dat onderwysers nie oor doeltreffende metodes om leerderdissipline te handhaaf beskik nie. Literatuur oor dissiplinehandhawingsmetodes wat wel bestaan lys 'n reeks tegnieke, in 'n behaviouristiese paradigma, wat die simptome eerder as die oorsake van die probleem aanspreek, en wat nie die psigiese dinamika en sosiale konteks van leerderdissiplineprobleme erken nie. Dit rym nie met die feit dat leerderdissipline 'n oorsaaklike basis het wat veel verder as die individuele onderwyser-individuele leerder interaksie strek nie. Op die vlakke van die skool, die gesin en die samelewing, sowel as die spirituele en sosiale funksionering van die kind en hoe al hierdie faktore in dissiplineprobleme kan uitloop en in berekening gebring behoort te word wanneer dit by die aanspreek van leerderdissiplineprobleme kom, is 'n magdom literatuur die afgelope aantal jare gepubliseer. Hierdie artikel bied 'n oorsig van dié literatuur en dui so 'n meer omvattende benadering aan om leerderdissiplineprobleme in Suid-Afrikaanse skole te hanteer. Ofskoon die probleem van leerderdissiplineprobleme nie beperk is of afwesig is van skole wat onderwys op 'n Bybelse grondslag verskaf nie, word die bespreking van die literatuuroorsig voorsien van 'n Christelike lewensopvatlike bobou.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License