SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.78 número3Leadership style in Swiss evangelical churches in the light of their historically shaped leadership culture índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Koers

versão On-line ISSN 2304-8557
versão impressa ISSN 0023-270X

Resumo

ROSSOUW, Margaret C.  e  OOSTHUIZEN, Izak J.. Ouers se dissiplinering van vyf- tot sesjariges. Koers (Online) [online]. 2013, vol.78, n.3, pp.1-9. ISSN 2304-8557.  http://dx.doi.org/10.4102/koers.v78i3.440.

Die ouerhuis is die basis van ontwikkeling in die voorskoolse jare en ouerskapsvaardighede is daarom van kardinale belang vir die voorkoming van gedragsprobleme wat die kind se toekoms negatief kan beïnvloed. Hierdie artikel rapporteer oor navorsing wat gedoen is om 'n groep Suid-Afrikaanse ouers se menings te ontleed rakende die gedrag van vyf- tot sesjariges wat hulle as problematies ervaar, asook die effek van sodanige gedrag op die ouers, die strategieë wat die ouers toepas, sowel as die aard van die ondersteuning wat hulle verlang. Die konseptueel-teoretiese raamwerk waarin die ondersoek ingebed is, omlyn die konstruk van sosio-emosionele vaardigheidsontwikkeling, die ouer se rol daarin en 'n beskouing van die dissiplinering van die vyf- tot sesjarige kind vanuit 'n bio-ekologiese perspektief (soos gepostuleer deur Bronfenbrenner) met 'n gepaardgaande kritiese inspeling vanuit die Christelike lewensbeskouing.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons