SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.78 issue3When western leadership models become a mixed blessing author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Koers

On-line version ISSN 2304-8557
Print version ISSN 0023-270X

Abstract

DE WET, Corene. Opvoeders se perspektiewe oor risiko-faktore vir leerder-op-leerder afknouery. Koers (Online) [online]. 2013, vol.78, n.3, pp.1-9. ISSN 2304-8557.

Opvoeders vervul 'n sleutelrol in die suksesvolle ontwikkeling en implementering van die meeste anti-afknoueryprogramme en/of intervensiestrategieë. Die artikel het ten doel om verslag te lewer oor bevindinge van 'n kwalitatiewe studie oor opvoeders se sieninge oor risikofaktore vir leerder-op-leerder afknouery. Opvoeders wat besig was met verdere studie aan die Universiteit van die Vrystaat, Suid-Afrika, is genooi om aan die studie oor verskillende tipes afknouery deel te neem. Hierdie artikel fokus op die narratiewe van 91 deelnemers wat insidente van leerder-op-leerder afknouery beskryf het. Die studie gebruik 'n viervlak, sosiaal-ekologiese model as teoretiese raamwerk. Individuele, familie, institusionele en gemeenskapsrisikofaktore is met behulp van kwalitatiewe inhoudanalise geïdentifiseer. In die artikel word gesuggereer dat ofskoon voorkomingstrategieë wat op risiko's fokus, tot die vermindering van afknouery kan lei, voorkomingstrategieë nie net hierdie (negatiewe) faktore moet teiken nie, maar ook moet poog om beskermende faktore op al vier sosiaal-ekologiese vlakke te bevorder.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License