SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.78 número3Dialogical inquiry as an instrument of the reconciliation of conflict in the hands of Christian leadersLeadership style in Swiss evangelical churches in the light of their historically shaped leadership culture índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Koers

versão On-line ISSN 2304-8557
versão impressa ISSN 0023-270X

Resumo

LEEFON, Raelene; JACOBS, Lynette; LE ROUX, Adré  e  DE WET, Corene. Die hantering van leerdergedrag in 'n klaskamer: Die pad na hoop. Koers (Online) [online]. 2013, vol.78, n.3, pp.1-8. ISSN 2304-8557.

Onordelike leerders en dissiplinêre probleme is onlosmaaklik deel van elke opvoeder se onderrigervaring. Hoewel die meeste skole 'n gedragskode tot hulle beskikking het om leerdergedrag te reguleer, wil dit voorkom asof dit nie altyd die verlangde uitwerking het nie. Dissiplinêre probleme in skole het 'n negatiewe invloed op die onderrig- en leeromgewing asook op opvoeders se persoonlike en professionele welstand en moraal. Hierdie artikel, wat deur 'n Bybelse wêreldbeskouing gerig word, beskryf die ervaringe van 'n opvoeder wat besluit het om 'n reis na hoop te volg. Die situasie in haar klaskamer was hopeloos, leerders het onvoorbereid skool toe gekom en hulle aan wangedrag skuldig gemaak en ouers het belangstelling in die onderwys van hulle kinders verloor. Sy het besef dat sy met haarself moet begin indien sy die situasie wil verander. Teen dié agtergrond het sy onder leiding van die mede-outeurs 'n aksienavorsingsprojek geloods. Die doel van die projek was om positiewe leerdergedrag te bevorder. Deur in samewerking met haar leerders klaskamerreëls op te stel, haar tot reflektiewe onderrig te verbind en haar gedrag teenoor die leerders te verander, het die situasie in haar klaskamer verbeter. Op grond van haar ervaringe word daar in hierdie artikel aangevoer dat opvoeders hulle deur die verkryging van kennis en insig oor dissipline moet bemagtig eerder as om die klaskamer as 'n slagveld te beskou. Dit is belangrik om elke leerder se individualiteit te erken en respek en waardering vir sy of haar unieke omstandighede te toon.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons