SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.78 número3The image of the teacher held by learners from 10 different countries: A new perspective on the causes of problems with learner disciplineAction towards hope: Addressing learner behaviour in a classroom índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Koers

versão On-line ISSN 0023-270X

Resumo

SERAME, Numvula J.; OOSTHUIZEN, Izak J.; WOLHUTER, Charl C.  e  ZULU, Connie B.. 'n Ondersoek na die dissiplinemetodes wat gebruik word deur sekondêre skoolonderwysers in Suid-Afrika. Koers (Online) [online]. 2013, vol.78, n.3, pp. 1-6. ISSN 0023-270X.

Die navorsing waaroor hier gerapporteer word, het ondersoek ingestel na die voorkoms van leerderdissiplineprobleme, die effek daarvan op onderwysers, onderwysers se metodes om dissipline te handhaaf, en die doeltreffendheid van dié metodes, soos dit voorkom in 'n historiese Swart woonbuurt, naamlik Jouberton, Klerksdorp, Suid-Afrika. Die belewenis van onderwysers sowel as leerders was gepeil. Daar is bevind dat dissipline by die skool ver van bevredigend is en dat dissiplineprobleme ernstiger is as die internasinoale norm. Hierdie probleme het ernstige gevolge op 'n groot persentasie van onderwysers se persoonlikie lewe, werksbevrediging en moraal. Terwyl dit prysenswaardig is dat beide onderwysers en leerders die opvoedkundig meer aanvaarbare voorkomende en positiewe metodes van dissiplinehandhawing verkies, blyk dit dat dat onderwysers nie daarin slaag om dié pro-aktiewe metodes van dissiplinehandhawing suksesvol toe te pas nie. Laastens dui leerders se mening oor metodes van dissiplinehandhawing op 'n kommerwekkende minagting van die beginsels van demokrasie, menseregte en menswaardigheid, en van rasionaliteit as instrument in konflikresolusie. Aanbevelings vir opvolgnavorsing ter verbetering van die dissiplinesituasie aan skole word gemaak.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License