SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.78 número3Female leaders in an international evangelical mission organisation: An empirical study of Youth With A Mission in GermanyWhen western leadership models become a mixed blessing índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Koers

versión On-line ISSN 2304-8557
versión impresa ISSN 0023-270X

Resumen

SERAME, Numvula J.; OOSTHUIZEN, Izak J.; WOLHUTER, Charl C.  y  ZULU, Connie B.. 'n Ondersoek na die dissiplinemetodes wat gebruik word deur sekondêre skoolonderwysers in Suid-Afrika. Koers (Online) [online]. 2013, vol.78, n.3, pp.1-6. ISSN 2304-8557.

Die navorsing waaroor hier gerapporteer word, het ondersoek ingestel na die voorkoms van leerderdissiplineprobleme, die effek daarvan op onderwysers, onderwysers se metodes om dissipline te handhaaf, en die doeltreffendheid van dié metodes, soos dit voorkom in 'n historiese Swart woonbuurt, naamlik Jouberton, Klerksdorp, Suid-Afrika. Die belewenis van onderwysers sowel as leerders was gepeil. Daar is bevind dat dissipline by die skool ver van bevredigend is en dat dissiplineprobleme ernstiger is as die internasinoale norm. Hierdie probleme het ernstige gevolge op 'n groot persentasie van onderwysers se persoonlikie lewe, werksbevrediging en moraal. Terwyl dit prysenswaardig is dat beide onderwysers en leerders die opvoedkundig meer aanvaarbare voorkomende en positiewe metodes van dissiplinehandhawing verkies, blyk dit dat dat onderwysers nie daarin slaag om dié pro-aktiewe metodes van dissiplinehandhawing suksesvol toe te pas nie. Laastens dui leerders se mening oor metodes van dissiplinehandhawing op 'n kommerwekkende minagting van die beginsels van demokrasie, menseregte en menswaardigheid, en van rasionaliteit as instrument in konflikresolusie. Aanbevelings vir opvolgnavorsing ter verbetering van die dissiplinesituasie aan skole word gemaak.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons