SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.78 número3Cultural pathways and pitfalls in South Africa: A reflection on moral agency and leadership from a Christian perspectiveDialogical inquiry as an instrument of the reconciliation of conflict in the hands of Christian leaders índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Koers

versão On-line ISSN 2304-8557
versão impressa ISSN 0023-270X

Resumo

WOLHUTER, Charl C.; VAN DER WALT, Johannes L.  e  POTGIETER, Ferdinand J.. Die beeld van die onderwyser volgens leerders van 10 verskillende lande: 'n Nuwe perspektief op die oorsake van leerderdissiplineprobleme. Koers (Online) [online]. 2013, vol.78, n.3, pp.1-11. ISSN 2304-8557.

Hierdie artikel berig oor navorsing waarin die beeld wat skoolleerders van onderwysers huldig, ondersoek is. Gebaseer op 'n konseptueel-teoretiese onderskeid tussen die ideale onderwyser, die volledig-effektiewe onderwyser en die tipiese onderwyser is daar van die veronderstelling uitgegaan dat leerders op die eerste, wat 'n teoretiese konstruk is, sou fokus en nie die een wat 'n werklike persoon van vlees-en-bloed voor in 'n klaskamer vol leerders voorstel nie. Hulle sou nie bewus wees van die gaping tussen die ideale onderwyser en die werklike tipiese, uitstekende onderwyser nie. 'n Groep van 100 leerders uit Engeland, Litoue, Griekeland, Serwië, Slowenië, Bulgarye, Turkye, Pakistan, Suid-Afrika en Mexiko is versoek om 'n enkelbladsy-opstel oor die tema: 'Hoe lyk die tipiese onderwyser?' te skryf. Die ondersoek het die veronderstelling bevestig. Ten spyte van duidelike aanwysings om die tipiese onderwyser te beskryf, het al die respondente die ideale onderwyser beskryf. Dit blyk dat 'n teenstrydigheid bestaan tussen die beeld van 'n ideale onderwyser en die werklikheid voor die leerders in die klaskamer. Die moontlikheid bestaan dat die gebrek aan blootstelling aan waarlik transformerende onderwysers tot oneffektiewe onderwys kan lei. Indien wel, kan dit een van die oorsake vir skole se leerderdissiplineprobleme wees - 'n faktor wat tot nou in wetenskaplike pogings om tot die wortel daarvan deur te dring, oor die hoof gesien is, waarskynlik omdat hierdie faktor nie gemaklik in die algemeen gebruikte model van leerderdissiplineprobleme op skool inpas nie.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons