SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.78 issue3Cultural pathways and pitfalls in South Africa: A reflection on moral agency and leadership from a Christian perspectiveDialogical inquiry as an instrument of the reconciliation of conflict in the hands of Christian leaders author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Koers

On-line version ISSN 2304-8557
Print version ISSN 0023-270X

Abstract

WOLHUTER, Charl C.; VAN DER WALT, Johannes L.  and  POTGIETER, Ferdinand J.. Die beeld van die onderwyser volgens leerders van 10 verskillende lande: 'n Nuwe perspektief op die oorsake van leerderdissiplineprobleme. Koers (Online) [online]. 2013, vol.78, n.3, pp.1-11. ISSN 2304-8557.

Hierdie artikel berig oor navorsing waarin die beeld wat skoolleerders van onderwysers huldig, ondersoek is. Gebaseer op 'n konseptueel-teoretiese onderskeid tussen die ideale onderwyser, die volledig-effektiewe onderwyser en die tipiese onderwyser is daar van die veronderstelling uitgegaan dat leerders op die eerste, wat 'n teoretiese konstruk is, sou fokus en nie die een wat 'n werklike persoon van vlees-en-bloed voor in 'n klaskamer vol leerders voorstel nie. Hulle sou nie bewus wees van die gaping tussen die ideale onderwyser en die werklike tipiese, uitstekende onderwyser nie. 'n Groep van 100 leerders uit Engeland, Litoue, Griekeland, Serwië, Slowenië, Bulgarye, Turkye, Pakistan, Suid-Afrika en Mexiko is versoek om 'n enkelbladsy-opstel oor die tema: 'Hoe lyk die tipiese onderwyser?' te skryf. Die ondersoek het die veronderstelling bevestig. Ten spyte van duidelike aanwysings om die tipiese onderwyser te beskryf, het al die respondente die ideale onderwyser beskryf. Dit blyk dat 'n teenstrydigheid bestaan tussen die beeld van 'n ideale onderwyser en die werklikheid voor die leerders in die klaskamer. Die moontlikheid bestaan dat die gebrek aan blootstelling aan waarlik transformerende onderwysers tot oneffektiewe onderwys kan lei. Indien wel, kan dit een van die oorsake vir skole se leerderdissiplineprobleme wees - 'n faktor wat tot nou in wetenskaplike pogings om tot die wortel daarvan deur te dring, oor die hoof gesien is, waarskynlik omdat hierdie faktor nie gemaklik in die algemeen gebruikte model van leerderdissiplineprobleme op skool inpas nie.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License