SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.78 issue3Enhancing discipline in the learning and teaching environment by means of geborgenheitDealing with incidents of serious disciplinary problems amongst learners: A comparative study between South Africa and selected countries author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Koers

On-line version ISSN 0023-270X

Abstract

ELOFF, Cecile; OOSTHUIZEN, Izak J.; WOLHUTER, Charl C.  and  VAN DER WALT, Johannes L.. Bydraende faktore tot leerderdissiplineprobleme: 'n Multiveranderlike analise. Koers (Online) [online]. 2013, vol.78, n.3, pp. 1-7. ISSN 0023-270X.

Tot op hede was navorsers geneig om elkeen van die oorsaaklike of bydraende faktore tot leerderdissiplineprobleme in skole afsonderlik van mekaar te benader. Hierdie artikel het oor navorsing rakende die teoreties-regverdigbare samevloeiing van hierdie faktore rakende dissiplineprobleme in klaskamers gerapporteer. Graad 9-leerders en hulle opvoeders (onderwysers) het vraelyste voltooi waarin hulle op 'n semantiese differensiaalskaal moes aantoon tot watter mate hulle meen elkeen van die 36 moontlike oorsake 'n rol speel in die voorkoms van dissiplineprobleme in hulle skool. Roetinefaktoranalise het aan die lig gebring dat veral sewe faktore 'n bydrae lewer tot wangedrag in hulle besondere skool, naamlik sosiale probleme in die gemeenskap, ouers se invloed op die leerders se gedrag, die gesag van die opvoeder, demokratiese deelname van die rolspelers aan die skoolbestuur, die skoolstrukture as 'n invloed op die voorkoms van leerderwangedrag, asook fisiese geremdhede en psigologiese gestremdhede.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License