SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.78 número3Contributory factors to learner discipline problems: A multivariate approach índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Koers

versión On-line ISSN 0023-270X

Resumen

OOSTHUIZEN, Izak. Die positivering van geborgenheid met die oog op 'n meer gedissiplineerde onderrig-leeromgewing. Koers (Online) [online]. 2013, vol.78, n.3, pp. 1-7. ISSN 0023-270X.

Leerderwangedrag het 'n groot probleem in Suid-Afrikaanse skole geword en dit skyn die gesonde onderrig-leeromgewing te belemmer. Die metode wat in hierdie beredenerend-besinnende artikel gebruik word, is 'n dekonstruksie van konstrukte soos geborgenheid en burgskap met die oog daarop om aan te toon hoe die korrekte benadering daartoe en die uitvloeisels daarvan in die onderrig-leeromgewing geaktualiseer kan (en behoort te) word. Uit die ondersoek blyk dat geborgenheid, wat basies veiligheid en beskerming impliseer, sinvol in die onderrig-leeromgewing geaktualiseer behoort te word deur die aktivering van 'n toepaslike geborgenheidsburgskap. Ten einde sodanige aktivering op 'n verbeterde vorm van geordende onderrig en leer te rig, behoort daar op die ontwikkeling van toepaslike geborgenheidsruimtes vir die bevordering van dissipline en orde in die klaskamer gefokus te word.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License