SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.78 issue3When the second man takes the lead: Reflections on Joseph Barnabas and Paul of Tarsus and their relationship in the New Testament author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Koers

On-line version ISSN 2304-8557
Print version ISSN 0023-270X

Abstract

OOSTHUIZEN, Izak. Die positivering van geborgenheid met die oog op 'n meer gedissiplineerde onderrig-leeromgewing. Koers (Online) [online]. 2013, vol.78, n.3, pp.1-7. ISSN 2304-8557.

Leerderwangedrag het 'n groot probleem in Suid-Afrikaanse skole geword en dit skyn die gesonde onderrig-leeromgewing te belemmer. Die metode wat in hierdie beredenerend-besinnende artikel gebruik word, is 'n dekonstruksie van konstrukte soos geborgenheid en burgskap met die oog daarop om aan te toon hoe die korrekte benadering daartoe en die uitvloeisels daarvan in die onderrig-leeromgewing geaktualiseer kan (en behoort te) word. Uit die ondersoek blyk dat geborgenheid, wat basies veiligheid en beskerming impliseer, sinvol in die onderrig-leeromgewing geaktualiseer behoort te word deur die aktivering van 'n toepaslike geborgenheidsburgskap. Ten einde sodanige aktivering op 'n verbeterde vorm van geordende onderrig en leer te rig, behoort daar op die ontwikkeling van toepaslike geborgenheidsruimtes vir die bevordering van dissipline en orde in die klaskamer gefokus te word.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License