SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.78 número2Mentoring to develop research self-efficacy, with particular reference to previously disadvantaged individuals índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Koers

versão On-line ISSN 2304-8557
versão impressa ISSN 0023-270X

Resumo

HOOGSTAD, Helena. Onderrig vir 'n transformatiewe betrokkenheid by ons konteks: Die belangrikheid van omgee in Christelike pedagogiese voorstelle vir hoër onderwys. Koers (Online) [online]. 2013, vol.78, n.2, pp.1-11. ISSN 2304-8557.  http://dx.doi.org/10.4102/koers.v78i2.2142.

Verantwoordelike wetenskap vereis dat studente betrokke is by hulle konteks sowel as hulle eie leer sodat hulle ons wêreld met wysheid kan verstaan en transformeer. Ponti (J.J.) Venter argumenteer dat so 'n idee sentraal is in die verstaan van 'n (Christelike) universiteit. In hierdie artikel, opgedra aan Professor Venter, argumenteer ek dat die pedagogiese implikasies van so 'n Christelike verstaan van wetenskap verder ontwikkel behoort te word in 'n hoër onderwyskonteks. Omgee lei tot 'n verdieping van wonder en onderhou aktiewe optrede deur ons verbeelding voortdurend op te roep om daardie verandering waarna gehunker word in beide 'n akademiese en breër sosiale konteks voor oë te stel. Ek bied vyf konkrete voorstelle om dosente te ondersteun in die begeleiding van studente se omgee vir die wêreld. Hierdie voorstelle wys op die belangrikheid van inventaris-werk, die kweek van empatie, inspirerende voorbeelde, emosionele betrokkenheid en 'n innerlike en eksterne dialoog oor die gepaste vorm vir hulle omgee. 'n Christelike pedagogie behoort in die tweede plek studente te ondersteun om hulle eie styl van beweging tussen teorie en ervaring te ontvou; derdens behoort dit studente in staat te stel om hulleself as vennote in akademiese besprekings en historiese formatiewe agente wat bydraes tot ons wêreld lewer, te beskou; vierdens sal dit fokus op 'n siening van die werklikheid waarin studente se tentakels na verandering voortvoel, vergesel van normatiewe sofistikasie. Vyfdens vereis die ontwikkeling van 'n gepaste pedagogie dat dosente op organiese wyse eweknie-groepe ontwikkel om te reflekteer op onderrigpraktyke wat studente se transformatiewe betrokkenheid by ons wêreld aanmoedig.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons