SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.78 número2A consumer perspective on food labelling: Ethical or not? índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Koers

versão On-line ISSN 2304-8557
versão impressa ISSN 0023-270X

Resumo

VAN DER WALT, Barend J.. Homo ludens of homo respondens? 'n Christelik-filosofiese reaksie op 'n hedendaagse idee van die mens as primêr spelende in plaas van antwoordende wese. Koers (Online) [online]. 2013, vol.78, n.2, pp.1-11. ISSN 2304-8557.  http://dx.doi.org/10.4102/koers.v78i2.63.

In hierdie artikel word die kontras tussen 'n kontemporêre idee van die mens as primêr 'n spelende wese (homo ludens) en die Bybelse visie op die mens as in die eerste plek 'n antwoordende wese (homo respondens) bekyk. Ter inleiding word die leser oorsigtelik bekendgestel aan die groot verskeidenheid mensbeelde wat die westerse denke reeds opgelewer het. Hierdie oorsig sluit die hedendaagse, postmoderne karakterisering van die mens as homo ludens in. Vervolgens word 'n kort verduideliking gegee van hoe 'n reformatoriese filosofie die mens as multidimensionele religieuse wese beskryf. Hierdie denkrigting verwerp alle eensydige 'ismes', wat menswees slegs na aanleiding van een (of twee) van die fasette daarvan probeer definieer en alle ander aspekte tot die verabsoluteerde een wil reduseer. Die vraag word gestel of daar nie 'n omvattende term gevind kan word om vanuit 'n Christelik-filosofiese perspektief menswees te beskryf nie. Die suggestie dat die mens basies 'n antwoordende wese is, is reeds deur ten minste drie Christelike filosowe gemaak. Matteus 11 (waarin die spelende en antwoordende mens gekontrasteer word) dien vervolgens as voorbeeld van so 'n idee wat algemeen in die Skrif gebruik word. Aangesien hierdie artikel bedoel is as huldeblyk aan professor Ponti Venter, word in die slotgedeelte daarop gewys hoe ook die jubilaris, op pad na sy sewentigste verjaarsdag, in sy lewe en publikasies die gedagte van die mens as homo respondens vergestalt het.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons