SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.78 issue2Do values contain directional-normative value? A review of the value project of the North-West UniversityA neglected facet of the legacy of D.F. Malherbe: Art - independent and dependent author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Koers

On-line version ISSN 2304-8557
Print version ISSN 0023-270X

Abstract

STRAUSS, Danie F.M.. (Ir)rasionalisme: By die kruispad van historiese en sistematiese denke. Koers (Online) [online]. 2013, vol.78, n.2, pp.01-09. ISSN 2304-8557.

Hierdie artikel is opgedra aan Ponti Venter vir sy bydrae tot die verstaan van die historiese wortels en sistematiese implikasies van wysgerige probleme. 'n Gesprek van sowat vier dekades gelede het my aangespoor om ondersoek na die Griekse agtergrond van ons onderskeiding tussen denke en syn in te stel. In die ontleding hieronder is 'n oorsigtelike skets van die aanvanklike identifisering van denke en syn in die gedagtegang van Parmenides geen die konsekwensies wat dit vir die rasionalistiese tradisie sedert die Renaissance gehad het gegee, veral in verband met die siening dat die heelal self 'n rasionele struktuur sou besit. Ons ontleding van die aard van die rasionalisme het twee opsies ondersoek: (1) kontrasteer dit met die empirisme en (2) let op die verband tussen universaliteit en dit wat individueel is. Deur te onderskei tussen begripskennis en begripstransenderende kennis word 'n alternatiewe sistematese karakterisering van rasionalisme (en irrasionalisme) voorgestel, naamlik dat dit begripskennis verabsoluteer (terwyl die irrasionalisme begripstransenderende kennis vergoddelik). Hierdie siening laat ruimte vir die erkenning van die ontiese horison van die menslike ervaring, mede-bepaald deur die dimensies van modale aspekte en tipe-wette, sonder om die menslike verstand tot die wetgewer van die wêreld te verhef.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License