SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.78 número2Do values contain directional-normative value? A review of the value project of the North-West University índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Koers

versão On-line ISSN 2304-8557
versão impressa ISSN 0023-270X

Resumo

COLETTO, Renato. Die herwaardering van die geesteswetenskappe in die kontemporêre wetenskapfilosofie: Van erkenning tot oordrywing?. Koers (Online) [online]. 2013, vol.78, n.2, pp.02-07. ISSN 2304-8557.

Die 'reputasie' en status van die geesteswetenskappe het deur die eeue heen veranderinge gedurende die verskillende fases ondergaan. Een van die grootste laagtepunte kon gedurende die positivistiese periode waargeneem word. Hierdie artikel het die redes onderliggend aan die toenemende herwaardering van die wetenskaplike status en relevansie van die geesteswetenskappe in die wetenskapsfilosofie van die twintigste eeu ondersoek. 'n Historiese analise is as basis gebruik waarvandaan geargumenteer is dat hierdie erkenning aan die een kant positief is omdat dit die ongeregverdigde vooroordeel wat die status van 'wetenskap' tot die natuurwetenskappe beperk, omverwerp. Aan die ander kant is geredeneer dat die redes vir hierdie erkenning nie altyd suiwer is nie en geïnspireer mag wees deur (en lei tot) 'n soort relatiwisme wat ongewenste gevolge huisves. In die finale deel van hierdie artikel (opgedra aan Prof. J.J. [Ponti] Venter) is sy evaluering van die aard en rol van die filosofie in 'n kort 'naskrif' geskets.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons