SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.78 issue2Adam Smith's contribution to secularisation author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Koers

On-line version ISSN 0023-270X

Abstract

COLETTO, Renato. Die herwaardering van die geesteswetenskappe in die kontemporêre wetenskapfilosofie: Van erkenning tot oordrywing?. Koers (Online) [online]. 2013, vol.78, n.2, pp. 02-07. ISSN 0023-270X.

Die 'reputasie' en status van die geesteswetenskappe het deur die eeue heen veranderinge gedurende die verskillende fases ondergaan. Een van die grootste laagtepunte kon gedurende die positivistiese periode waargeneem word. Hierdie artikel het die redes onderliggend aan die toenemende herwaardering van die wetenskaplike status en relevansie van die geesteswetenskappe in die wetenskapsfilosofie van die twintigste eeu ondersoek. 'n Historiese analise is as basis gebruik waarvandaan geargumenteer is dat hierdie erkenning aan die een kant positief is omdat dit die ongeregverdigde vooroordeel wat die status van 'wetenskap' tot die natuurwetenskappe beperk, omverwerp. Aan die ander kant is geredeneer dat die redes vir hierdie erkenning nie altyd suiwer is nie en geïnspireer mag wees deur (en lei tot) 'n soort relatiwisme wat ongewenste gevolge huisves. In die finale deel van hierdie artikel (opgedra aan Prof. J.J. [Ponti] Venter) is sy evaluering van die aard en rol van die filosofie in 'n kort 'naskrif' geskets.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License