Serviços Personalizados
Artigo
Indicadores
Links relacionados
Citado por Google
Similares em Google
Compartilhar
Koers
versão On-line ISSN 2304-8557
versão impressa ISSN 0023-270X
Resumo
STEYN, Gertruida M. Die sosialiseiing van 'n primare skoolhoof in Suid-Afrika. Koers (Online) [online]. 2013, vol.78, n.1, pp.00-00. ISSN 2304-8557.
Hierdie studie het gefokus op die sosialisering van 'n nuwe skoolhoof in 'n Suid-Afrikaanse primêre skool met 'n sterk Christelike kultuur. Hy is aangestel toe sy voorganger ná meer as twee dekades afgetree het. Die konseptuele raamwerk, wat gebruik is om die bevindinge te interpreteer, het op die drie fases van sosialisering gefokus, naamlik professionele sosialisering, organisatoriese sosialisering en beroepsidentiteit. 'n Kwalitatiewe ondersoek na die skoolhoofopvolgingverskynsel in die bepaalde skool is in twee fases gedoen. Die data-insamelingsmetodes het 'n aantal onderhoude met die skoolhoof, 'n fokusgroeponderhoud met personeellede wat ook onder leierskap van die vorige skoolhoof gewerk het en individuele onderhoude met personeellede ingesluit. Tydens die data-analise het die volgende kategorieë na vore gekom: Herinnering aan die vorige skoolhoof: ''n Mens sien Mnr X [die voorganger] oral'; Aanvaarding en oriëntasie: 'Ek het dit aanvanklik intimiderend gevind'; en Immersie en hervorming: 'Leisels wat voorheen 'n bietjie slap was, het hy nou styfgetrek'.