SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.78 issue1B.J. van der Walt's concentration problem author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Koers

On-line version ISSN 2304-8557
Print version ISSN 0023-270X

Abstract

AYEE, Emmanuel S.A. Menslike kommunikasie herbesoek - 'n Bybelse perspektief. Koers (Online) [online]. 2013, vol.78, n.1, pp.00-00. ISSN 2304-8557.

OPSOMMING Kommunikasie is baie belangrik in ons daaglikse lewens. Dit is die mees algemene alledaagse aktiwiteit en vorm deel van die kern van alle menslike kontak. Dit deurdring elke aspek van wie ons is en wat ons doen en is 'n hoogs-komplekse menslike fenomeen. Die vermoë om te kommunikeer is 'n geskenk van God wat ons in staat stel om verhoudings met ander te ontwikkel en kultuur te skep. Die bestudering en teoretisering oor kommunikasie sal ons in staat stel om 'diensbare insigte' te ontdek, wat ons sal help om goeie rentmeesters te wees van alles wat God aan ons toevertrou het. Die Bybel gee aan ons 'n uitgebreide historiese narratief van die kosmos wat ons help om te verstaan dat God die wêreld, asook die mens geskep het. Hierdie artikel het geargumenteer dat die Skepping-Sondeval-Verlossingstema of -motief, wat as 'n hoogs-geskematiseerde weergawe van die Bybelse uitgebreide narratief beskou kan word, as 'n raamwerk kan dien om ons te help om kommunikasie vanuit 'n geïntegreerde Christelike perspektief te verstaan en te onderrig. Die wekroep is om kommunikasie vry te maak sodat dit rigtinggewend en gepas gebruik kan word vir wat waar, rein, regverdig, lieflik en loflik is (Fil 4:8). Wat kommunikasie betref, behoort die integrasie van geloof en leer te omsluit wat ons onderrig (inhoud), hoe ons die inhoud onderrig (pedagogie), asook die wyse waarop dit wat ons onderrig ons denke, ons geloof en hoe ons leef (ons karakter) beïnvloed.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License