SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.78 número1 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Koers

versão On-line ISSN 2304-8557
versão impressa ISSN 0023-270X

Resumo

DE WIT, Martinus P. Christosentriese etiese gedrag en ekologiese krisis: Watter hulpbronne bied die konsepte van orde in die skepping en eskatologiese hoop?. Koers (Online) [online]. 2013, vol.78, n.1, pp.00-00. ISSN 2304-8557.

Die ekologiese krisis, asook 'n beperkte etiese antwoord hierop, dwing 'n besinning oor die vernuwende potensiaal van Christelike etiek vir 'n afgodiese samelewing wat grootliks gevorm is deur 'n dominante ekonomiese kultuur. Die doel van hierdie artikel was om te ondersoek hoe die konsepte van orde in die skepping en eskatologiese hoop nuttig kan wees in die verstaan en die formulering van 'n Christus-gesentreerde etiese antwoord op die ekologiese krisis. 'n Oorsig van die relevante literatuur, beperk tot insigte uit die Reformatoriese filosofie en ekoteologie oor die konsepte van orde in die skepping en eskatologie, is aangebied. Die belangrikste interne spanningsvelde in die gebruik van die konsepte skeppingsorde en eskatologiese hoop in 'n Christus-gesentreerde eko-etiek is uitgelig en bespreek. Sekere implikasies vir die verdere verduideliking en die ontwikkeling van 'n Christus-gesentreerde eko-etiek is beskryf.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons