SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.78 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Koers

On-line version ISSN 2304-8557
Print version ISSN 0023-270X

Abstract

THERON, Petria M. Die impak van Christelike Hoër Onderwys op die lewens van studente en gemeenskappe in Afrika. Koers (Online) [online]. 2013, vol.78, n.1, pp.00-00. ISSN 2304-8557.

Korrupsie is 'n wêreldwye probleem. Outeurs stem nie net saam dat dit op persoonlike vlak aangespreek moet word nie, maar hulle moedig almal ook aan om betrokke te raak in die stryd teen korrupsie. Dit kan net gebeur as individuele transformasie reeds plaasgevind het. In hierdie artikel lewer Chipapata, Fátima en Jacinto se persoonlike verhale getuienis van die potensiële waarde van Christelike Hoër Onderwys (CHO) met betrekking tot die morele en geestelike transformasie van individue in plaaslike Afrikagemeenskappe. Hierdie drie persone was buitemuurse studente van Hefsiba in Mosambiek. Die impak van hierdie drie persone se studies strek verder as bloot hul persoonlike lewens. Dit is ook sigbaar in die gemeenskap waarin hulle woon en werk. Hulle het ingestem om hul verhale te vertel, beginnende by gebeure voor die aanvang van hul studies, hul ervarings tydens hul studies en hoe hul studies hul lewens, gesinne, werk en gemeenskap beïnvloed het. In hierdie artikel word die essensie, doel en inhoud van CHO aangespreek. Daar word geargumenteer dat studente se geloof en onderwys geïntegreer word deur CHO. Studente word dus nie net toegerus vir hul professies nie, maar behoort ook toegewyd te wees om konstruktief by die spirituele en materiële nood van hul gemeenskappe betrokke te raak. Dit mag moontlik 'n transformasie van die gemeenskap tot gevolg hê.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License