SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.77 issue2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Koers

On-line version ISSN 2304-8557
Print version ISSN 0023-270X

Abstract

SIMONS, Petrus. Hoe kan die landboubedryf genoeg voedsel vir die wêreld produseer?. Koers (Online) [online]. 2012, vol.77, n.2, pp.1-8. ISSN 2304-8557.

Die vraag of die aarde in staat is om nie net die huidige populasie van 7 biljoen mense nie, maar 'n geskatte 9 biljoen mense tot 10 biljoen mense teen 2050, voldoende te voed, word tans op twee verskillende maniere beantwoord. Daar is diegene wat glo dat moderne landbou produktiwiteit moet verhoog deur deur tegnologiese vernuwing, terwyl bestaansboerdery geëlimineer moet word. Hierdie oplossing word teengestaan deur diegene wat glo dat geïndustrialiseerde landbou nie in pas is met die ekologie waarin dit plaasvind nie. Hulle redeneer dat daar steeds genoegsame produksie van gesonde voedsel kan wees wanneer ekologiese en biologiese grense in ag geneem word (ekologiese intensivering). In die lig van 'n teoretiese raamwerk wat 'n oorsprong in die reformatoriese filosofie het, en in besonder die enkapsis-konsep, is daar in hierdie artikel geredeneer dat ekologiese intensivering die beter alternatief is, veral wanneer dit deel uitmaak van 'n kulturele ontwikkeling gelei deur Schuurman se tuinstadmetafoor. Dit is egter steeds 'n marginale gedagte in 'n kultuur wat oorheers word deur die geloof in vooruitgang. Sodanige geloof word skynbaar geregverdig deur die hoë ekonomiese groeikoers wat op tegnologiese vernuwing gebaseer is, maar, alhoewel dit nie genoegsaam erken word nie, geskied dit ten koste van die mens en die omgewing (metafoor: die aarde is 'n masjien). 'n Breek met tegnisisme en ekonomisme word 'n voorwaarde vir voldoende voedsel vir die huidige sowel as toekomstige wereldbevolking.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License