SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.77 issue2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Koers

On-line version ISSN 2304-8557
Print version ISSN 0023-270X

Abstract

JURGENS HENDRIKS, H.. Kontekstualisering van teologiese opleiding in Afrika deur die gebruik van 'n missionale hermeneutiek. Koers (Online) [online]. 2012, vol.77, n.2, pp.1-8. ISSN 2304-8557.

Die artikel se oorsprong lê in kurrikulumontwikkeling-werkswinkels op verskillende plekke in Afrika suid van die Sahara. Die oogmerk was om riglyne te verskaf sodat 'n hermeneutiese sleutel gevind kan word om teologie kontekstueel te beoefen as 'n respons op 'n proses van spirituele onderskeiding. Dit sal lei tot 'n gekontekstualiseerde, missionale teologiese kurrikulum en opleiding. As sodanig het dit kortliks die elemente van die geskiedenis en konteks van teologiese opleiding in die Christendom beskryf as die put waaruit teologiese opleiding moet vrykom. Die artikel het geargumenteer dat die hartland van die Christelike geloof suid skuif; dat globalisering en die informasie-omwenteling die konteks verander. Ons moet per implikasie teologiese opleiding in die lig van die Skrif nuut konseptualiseer. In dié verband help dit om na prosesse in missionale gemeentes te kyk sodat hierdie ontwikkelings ons rig op 'n reis waarin nuwe hermeneutiek vir die praktiseer en onderrig van teologie ontdek kan word.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License