SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.77 issue2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Koers

On-line version ISSN 2304-8557
Print version ISSN 0023-270X

Abstract

STRAUSS, Danie F.M.. Die ontwikkeling van 'n akademiese kuituur deur middel van studieleiding. Koers (Online) [online]. 2012, vol.77, n.2, pp.1-11. ISSN 2304-8557.

Deur middel van effektiewe opvoedkundige oordrag word kulturele tradisies deurgegee aan opeenvolgende geslagte. Die teenwoordigheid van alternatiewe teoretiese siening van die werklikheid (paradigmas) in verskillende vakgebiede het die positivistiese oortuiging dat 'egte' wetenskap 'objektief' en 'neutraal' is, ontwortel. Die agtergrond van hierdie seining gryp terug na die Renaissance en post-Renaissance filosofie wat sy aanvanklike kulminasiepunt in die denke van die 18de eeuse filosoof, Immanuel Kant, sou beleef. Hy wou die mens se outonome vryheid beveilig deur wetenskaplike denke tot verskynsels te beperk (onderworpe aan die universele kousaliteitswet). Die dialektiek tussen natuur en vryheid was rigtinggewend vir die moderne filosofie. Eventueel het nie-reduksionistiese oriëntasies verskyn wat erkenning verleen het aan dit wat onherleibaar is. Alhoewel 'n gesonde akademiese kultuur, wat in swang is by die begeleiding van doktorsgraadstudente, aandag moet gee aan argumentatiewe vaardighede en informele logika, moet dit tegelyk ook erkenning verleen aan die beperkinge van die logika. Die beginsel van toereikende grond verwys die menslike denke immers na dit wat die logika te bowe gaan. Die studiebegeleider moet daarom by die student 'n besef laat ontwikkel van wat die verskil tussen reduksionistiese en nie-reduksionistiese ontologieë is. Doktoraalstudente moet ook daarmee rekening hou dat duursame temas en wetenskaplike revolusies hand-aan-hand gaan. Voorbeelde van hoe die aspekte van die werklikheid as verklaringsmodi gesien kan word is gegee alvorens die sewe doestellinge van wetenskaplik-besig-wees, soos deur Stafleu geïdentifiseer, aangestip is. Dit beliggaam nog 'n ander riglyn wat verreken behoort te word by die begeleiding van nagraadse werk. Daarom word argumentatiewe vaardighede, kommunikasie en die status van feite bespreek alvorens die hele artikel opgesom word in 'n samevattende formulering van die oorkoepelende argument.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License