SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.77 número2Mentoring to develop research self-efficacy, with particular reference to previously disadvantaged individuals índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Koers

versão On-line ISSN 2304-8557
versão impressa ISSN 0023-270X

Resumo

VAN DEN BERG, M.E.S. (Elbie). Menslike voortplantingskloning en biotegnologie: Rasionele, etiese en publieke besorgdhede. Koers (Online) [online]. 2012, vol.77, n.2, pp.1-9. ISSN 2304-8557.

Vroeëre navorsing oor kloning wys op 'n afwesigheid van duidelike internasionale riglyne oor die aanvaarbaarheid van embrioniese stamsel-navorsing en menslike voortplantingskloning. Hierdie studies wys daarop dat dit te wyte is aan erge kritiek van die oningeligte publiek, wie se argumente gebaseer is op wanopvattings wat beïnvloed word deur populêre literatuur en wetenskapsfiksie-films. In hierdie artikel word daar egter aangevoer dat die publiek se houding, indien dit in werklike sosiale en etiese oorwegings gefundeer is, in ag geneem moet word om rigting te gee aan sosiale en wetlike besluitneming oor menslike voortplantingskloning. Die inagneming van openbare kommer oor menslike voortplantingskloning is essensieel in die soeke na rasionele en wyse beleidsbepaling en biotegnologiese oorwegings. Die navorsing waaroor hierdie artikel verslag lewer, poog om 'n kritiese evaluering van sommige dominante argumente vir en teen menslike voortplantingskloning te gee in die lig van rasionele oorweging. Nieteenstaande die outeur se kritiese benadering tot oninligte opinies, vals aannames en ongegronde gevolgtrekkings oor die komplekse kwessie van menslike voortplantingskloning, argumenteer die outeur vanuit die perspektief dat elke lewensverskynsel onontkombaar verbonde is en deel vorm van 'n groter komplekse netwerk van interaksies. Hierdie perspektief erken dat die welsyn van ander mense, insluitende toekomstige menslike klone, nie slegs 'n eksistensiële, sosiale en etiese kwessie is nie, maar ook 'n epistemologiese imperatief. Teen die agtergrond van hierdie perspektief, opper die outeur kritiese vrae oor die regverdiging van die skepping van toekomstige menslike klone te midde van die moontlikheid van defekte en abnormaliteite in gekloonde kinders, asook moontlike sosiale skade.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons