SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.77 issue2A consumer perspective on food labelling: Ethical or not? author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Koers

On-line version ISSN 2304-8557
Print version ISSN 0023-270X

Abstract

SCHULZE, Salome. Bemagtiging en ontmagtiging van studente in die verhouding tussen student en studieleier. Koers (Online) [online]. 2012, vol.77, n.2, pp.1-8. ISSN 2304-8557.

Die kwessie van bemagtiging in die verhouding tussen student en studieleier is nog nie in Suid-Afrika deeglik ondersoek nie. Die studie waaroor hierdie artikel handel is dus daarop gemik om te bepaal hoe studente in hul verhoudings met hul studieleiers bemagtig of ontmagtig word. Die teoretiese raamwerk van die studie was sosiale konstruktivisme, kritiese pedagogie en teorieë oor die bemagtiging van studente. 'n Fenomenologiese gevallestudie-navorsingsontwerp is gebruik. Vyftien meesters- en doktorale studente met nege verskillende studieleiers van een kollege aan die Universiteit van Suid-Afrika, en wat onlangs gegradueer het, is doelgerig vir onderhoude geselekteer. Die bevindinge van die studie toon aan dat studente nie altyd deur volgehoue, tweerigting-kommunikasie in 'n ondersteunende omgewing bemagtig is nie. Om studente te bemagtig, moet supervisiestyle van maggesentreerde na fasiliterende supervisie verander. Die studie het ook aangetoon dat baie studieleiers dit moeilik gevind het om hierdie styl in 'n afstandsonderrigkonteks te aanvaar. Die studie is belangrik omdat dit 'n model genereer wat die interaksie van verskeie invloede op die supervisieverhouding illustreer. Aanbevelings vir verbetering is ook gemaak.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License