SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.77 issue2The capability of national education systems to address ethnic diversityEmpowering and disempowering students in student-supervisor relationships author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Koers

On-line version ISSN 2304-8557
Print version ISSN 0023-270X

Abstract

BUYS, Pieter; VISSER, Susan  and  OBERHOLZER, Merwe. 'n Kritiese oorweging van die etiese grondslae vir die rekeningkundige professie. Koers (Online) [online]. 2012, vol.77, n.2, pp.1-7. ISSN 2304-8557.

Wanneer sommige van die vernaamste redes vir die desperate toestand van die huidige globale ekonomiese omgewing oorweeg word, is dit moeilik om rekeningkunde se rol daarin te ontken. Hoewel rekeningkundige instellings die nakoming van gedragskodes vereis, ontstaan die vraag na wat van die rekeningkundige professie se rentmeesterskapfunksie geword het? In hierdie artikel is krities gereflekteer op die vraag, 'Wat behels 'n etiese rekeningkundige professie?'. Die belangrikste beginsels in vele instellings se gedragskodes, soos bevoegdheid, integriteit, objektiwiteit en vertroulikheid, is beoordeel teen die agtergrond van utilitarisme, formalisme en deugde-etiek as fundamentele etiese teorieë. Hierdie artikel het tot die gevolgtrekking gekom dat, alhoewl sodanige beginsels daarna streef om 'n raamwerk te voorsien vir etiese rekeningkundige gedrag, individuele subjektiwiteit aan die kant van die rekenmeester 'n deurslaggewende rol sal speel in hoe hierdie etiese beginsels omgeskakel word in etiese 'praktyke'.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License