SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.77 número2A neglected facet of the legacy of D.F. Malherbe: Art - independent and dependentThe role of God in the father/son relationship during identity formation - a Gestalt theoretical perspective índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Koers

versão On-line ISSN 2304-8557
versão impressa ISSN 0023-270X

Resumo

LOUBSER, Ananka. Verandering in epistemiese raamwerke: Willekeurig of beperk?. Koers (Online) [online]. 2012, vol.77, n.2, pp.1-10. ISSN 2304-8557.

Sedert die eerste verskyning van 'n soliede anti-positivistiese benadering in wetenskapsfilosofie, is 'n belangrike vraag hoe en waarom epistemiese raamwerke oor tyd verander, gewysig of selfs gesubstitueer word. In kontemporêre wetenskapsfilosofie kan drie hoof benaderings tot raamwerk-verandering in die humanistiese tradisie bespeur word: 1. In beide pre-teoretiese en teoretiese domeine vind verandering plaas volgens 'n taamlike beperkte, voorspelbare of selfs voorafbepaalde patroon (bv. Holton). 2. Verandering vind plaas op 'n wyse wat meer willekeurig of onvoorspelbaar en sonder beperkings is (bv. Kuhn, Feyerabend, Rorty, Lyotard). 3. Tussen hierdie benaderings kan 'n middel posisie aangetref word, wat 'n tipe sintese probeer handhaaf (bv. Popper, Lakatos). Hierdie situasie noodsaak verduideliking en sistematisering en die artikel het dan gepoog om meer duidelikheid te bied oor hoe verandering in pre-wetenskaplike raamwerke plaasvind. Verder is transendentale kritiek van die bogenoemde benaderings in die artikel aangebied. Die artikel het voorgestel dat die bogenoemde benaderings nie volledig bevredigend is nie, aangesien verandering en konstantheid nie tot 'n voldoende mate geïntegreer is nie. 'n Alternatiewe model is voorgestel waarin verandering in epistemiese raamwerke plaasvind volgens 'n patroon wat nie heeltemal willekeurig of beperk is nie, sodat verandering dinamies is, maar nie arbitrêr nie. Laasgenoemde posisie is integraal, eerder as dialekties en stem dus nie met posisie drie ooreen nie.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons