SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.77 número2Institutional identity: A possible solution to the religion in/and education quandaryThe informatisation of our image of the human being índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Koers

versão On-line ISSN 2304-8557
versão impressa ISSN 0023-270X

Resumo

KOTZE, Martina  e  GRIESSEL, Loura. 'n Post-Jungiaanse perspektief op die psigologiese ontwikkeling van die kulturele identiteit van die Afrikaner. Koers (Online) [online]. 2012, vol.77, n.2, pp.1-10. ISSN 2304-8557.

C.G. Jung se teorie oor persoonlike ego en komplekse word tans aangewend op die kulturele vlak van die psige van groepe, ten einde 'n beter begrip van verskillende kulture te bewerkstellig. Volgens die post-Jungiaanse perspektief kan die oorsake van dit wat groepe uitmekaar dryf dikwels toegeskryf word aan die manifestasie van outonome prosesse in die kollektiewe en individuele psige, wat hulself organiseer rondom kulturele identiteit en kulturele komplekse van groepe. 'n Post-Jungiaanse model van die ontwikkeling van die Self, gebaseer op Jung se vroeë identifisering van die argetipiese patrone van Manlik en Vroulik, is gebruik om die ontwikkeling en totstandkoming van die Afrikaner se kulturele identiteit en gepaardgaande komplekse, soos gevorm deur belangrike historiese gebeure, te ondersoek. Gebaseer op die interaksie tussen die Manlike en die Vroulike beginsels, is, binne die aanname van die model, geargumenteer dat die Afrikaner se identiteit sy oorsprong het in traumatiese gebeure wat in die statiese Vroulike plaasgevind het. Dit het tot die oorbeklemtoning van die Manlike in sy dinamiese en veral statiese vorme gelei, wat uiteindelik beslag gevind het in die berugte nasionale strategie van Apartheid. Daar is verder aangevoer dat die verandering en transformasie ten opsigte van die kulturele identiteit van die Afrikaner, onder die invloed van die dinamiese Vroulike, onvermydelik was. Dit het die Afrikaner in 'n situasie gelaat waar die rekonstruksie van hulle kulturele identiteit steeds in 'n vormingsproses was. Die gevolgtrekking is gemaak dat, aangesien alle kulture gewortel is in, en gesentreer word rondom bepaalde godsdienstige ootuiginge, soos dit duidelik was in die Vader-God, Calvinistiese, patriargale etiek van die Afrikanerdom, die individuasie van die Afrikaner, asook die evolusie van die Afrikaner kulturele identiteit, heelwaarskynlik die hernuwing van sommige van die godsdienstige oortuiginge van die Afrikaner sal insluit.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons