SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.77 issue2Do values contain directional-normative value? A review of the value project of the North-West UniversityA neglected facet of the legacy of D.F. Malherbe: Art - independent and dependent author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Koers

On-line version ISSN 2304-8557
Print version ISSN 0023-270X

Abstract

VAN DER WALT, Johannes L.. Nog 'n kykie na Christelike rentmeesterskapsopvoeding. Koers (Online) [online]. 2012, vol.77, n.2, pp.1-7. ISSN 2304-8557.

Ten spyte van die hedendaagse postmoderne bevraagtekening van grootskaalse filosofieë het nog 'n kykie na Christelike rentmeesterskapsopvoeding in Suid-Afrika noodsaaklik geword. Christelike opvoeders moet in die heersende sosio-politieke omstandighede herinner word aan die ingewikkeldheid van hulle roeping en taak teenoor die opkomende geslag. Die artikel begin met 'n bespreking van opvoeding in die algemeen en daarna word geredeneer dat die 'dun', minimalistiese en universalistiese taalgebruik van hedendaagse sekulêre opvoedingsteorie aangevul, of verkieslik vervang moet word deur die 'dik', maksimalistiese en partikularistiese taal van opvoedingsteorie geanker in die Bybel. Die artikel belig 'n aantal sleutelbegrippe wat met Christelike rentmeesterskapsopvoeding saamhang. Aan die einde word tot die slotsom gekom dat hoewel daar (weer eens) 'n hele boek oor die onderwerp geskryf sou kon word, die bespreking van enkele kernvraagstukke rakende Christelike rentmeesterskapsopvoeding kan dien om Christelike opvoeders aan hulle pedagogiese verantwoordelikhede te herinner.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License