SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.77 número2Do values contain directional-normative value? A review of the value project of the North-West University índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Koers

versión On-line ISSN 2304-8557
versión impresa ISSN 0023-270X

Resumen

STEYN, Gertruida M.. 'n Skoolhoof se persepsies van die verwesenliking van Christelike waardes in 'n Suid-Afrikaanse laerskool: 'n Gevallestudie. Koers (Online) [online]. 2012, vol.77, n.2, pp.1-10. ISSN 2304-8557.

Vele Suid-Afrikaanse skole word uitgedaag om 'n skoolkultuur te vestig wat bevorderlik vir onderrig en leer is. 'n Skoolkultuur het 'n baie groter impak op lewe en leer as enige ander faktor in 'n skool. Hierdie studie se navorsingsvraag is: Hoe het 'n laerskoolhoof die verwesenliking van Christelike waardes in 'n skoolkultuur beskou? 'n Ondersoekende, kwalitatiewe navorsingsontwerp, in besonder 'n gevallestudie, is as die geskikste metode oorweeg om die navorsingsprobleem te benader. Doelbewuste steekproewe is gebruik vir die studie wat by die skool gedoen is. In vorige studies in die skool het ek aangetoon dat die deelnemer waarde aan die verwesenliking van Christelike waardes in die skool geheg het. Inligting in hierdie studie is deur semi-gestruktureerde onderhoude met die hoof versamel; paragrawe wat die hoof geskryf het (naïewe sketse); geskrewe dokumente oor die aktiwiteite in die skool; 'n DVD van die skool en veldaantekeninge wat tydens die onderhoude geneem is. Die bevindinge toon die rol wat die skoolhoof in die verwesenliking van waardes gespeel het en die noodsaaklikheid van 'n visie en missie om waardes te verwesenlik. Die realisering van waardes word die beste verwesenlik deur middel van 'n positiewe, uitnodigende skoolkultuur wat menslike ontwikkeling aanmoedig en op voortdurende groei fokus.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons