SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.77 issue2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Koers

On-line version ISSN 2304-8557
Print version ISSN 0023-270X

Abstract

DE BEER, Annamarie  and  VAN DEN BERG, Jan-Albert. Vroue se belewenis van eensaamheid na die verlies van 'n lewensmaat: 'n Beskrywing van narratiewe pastorale betrokkenheid. Koers (Online) [online]. 2012, vol.77, n.2, pp.1-9. ISSN 2304-8557.

In hierdie bydrae word die fenomeen van eensaamheid wat deur vroue ervaar word na die verlies van 'n lewensmaat ondersoek. Die doel van hierdie studie is om die ervaring van eensaamheid sowel as die voorkoms en betekenis daarvan te verhelder en te interpreteer. Implikasies word ondersoek volgens die wyse waarop dit ervaar word. Die navorsing is gefundeer in praktiese teologie en nagevors vanuit postmoderniteit as paradigma met 'n sosiaal konstruksionistiese diskoers as epistemologiese vertrekpunt. Deur gebruik te maak van die kwalitatiewe navorsingsbenadering word verskeie aksies vir die insameling van data benut. Die navorsing word verder gerig deur die gebruik van meganismes van die narratiewe benadering, wat goed resoneer met die beginsels onderliggend aan deelnemende aksie-navorsing. Vanuit die gespreksbenadering word betekenisvolle alternatiewe, wat 'n bydrae kan lewer in die hantering van eensaamheid, verken en beskryf. Die vernaamste bevindings van die studie is dat vroue wel eensaamheid kan ondervind na die verlies van 'n eggenoot en dat hulle 'n behoefte het aan 'n verbintenisfiguur om hulle te help om hul eensaamheid te hanteer.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License