SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.77 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Koers

On-line version ISSN 2304-8557
Print version ISSN 0023-270X

Abstract

VENTER, Elza  and  DU PLESSIS, Elize C.. Afknouery in skole - Die opvoeder se rol. Koers (Online) [online]. 2012, vol.77, n.1, pp.1-7. ISSN 2304-8557.

Wêreldwyd is daar 'n probleem met insidente van geweld wat tussen leerders in skole plaasvind. Afknouery is een wyse van gewelduitoefening wat op skoolvlak plaasvind. Afknouery beteken om 'n persoon herhaaldelik sielkundig, fisies en/of emosioneel skade aan te doen. Afknougedrag kan nie geïgnoreer word nie, omdat die slagoffers dikwels fisiese- en geestesgesondheidsprobleme kry as gevolg van die mishandeling. Die toekoms van die afknouer is ook ter sprake, aangesien so 'n persoon kan ontwikkel in 'n mishandelaar in sy of haar volwasse jare. Die navorsing wat gedoen is, het gefokus op die uitdagings vir onderwysers in die skoolsisteem om afknouery te hanteer. Die spesifieke doelwitte van die studie was om navorsing te doen oor skoolbeleid en etos, sowel as die rol van onderwysers in die hantering van afknouery. Die navorsers het die probleem vanuit 'n sosiale identiteitsteorie as teoretiese raamwerk benader, asook vanuit 'n Christelike werklikheidsbeskouing. Die navorsers het hoofsaaklik 'n kwalitatiewe navorsingsmetode gebruik. Data vir hierdie studie is ingesamel deur middel van 'n literatuurstudie en vraelyste met geslote vrae en oop einde-vrae oor die onderwysers se ervarings rakende afknouery. Die klem het geval op die response op die oopeinde vrae. Dit het duidelik uit die navorsing na vore gekom dat skole 'n teen-afknouerybeleid in plek behoort te stel. Onderwysers moet meer aandag skenk aan klaskamerreëls en hulle behoort vaardighede te ontwikkel om afknouery te hanteer. Aanbevelings is gemaak oor die rol van onderwysers asook oor die hulp van skooletos en beleide om genoemde gedragsprobleme te hanteer.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License