SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.77 número1 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Koers

versión On-line ISSN 2304-8557
versión impresa ISSN 0023-270X

Resumen

VAN AS, Alta. Sing vir jou aandete: Personeel sing vir transformasie en spanbou in 'n Suid-Afrikaanse bank. Koers (Online) [online]. 2012, vol.77, n.1, pp.1-8. ISSN 2304-8557.

Transformasie behels betekenisvolle verandering. In Suid-Afrika (soos toenemend ook die geval is in Europa en elders) is sodanige verandering afhanklik van die interaksie en kommunikasie tussen landgenote van verskillende kulture, tale en rasse. Terwyl die onvermoë om mekaar se tale te praat ware interaksie en kommunikasie kan inhibeer, bied koorsang unieke geleenthede vir gesamentlike kommunikasie-ervarings. Dr Steve Booysen, destyds Groep Uitvoerende Hoof van die Absagroep, het in 2005 'n interne koorfees ingestel om te dien as platform vir sosiale interaksie en spanbou vir personeel van alle kultuurgroepe, ouderdomme en posvlakke in die bankgroep. Booysen se visie was dat hierdie koorprojek sou dien as 'n middel tot morele ondersteuning gedurende die Absa-Barclays-samesmelting. Hierdie artikel fokus op die resultate van 'n doktorale studie wat die nie-musikale voordele van koorsang, soos transformasie en spanbou, ondersoek. Die Absa-koorprojek kan gesien word as 'n mikrokosmos van 'n groter, multikulturele, veeltalige makrokosmos. Die voordele wat die samesang in die koorprojek teweeg gebring het, mag belofte inhou vir die bou van eenheid in diversiteit in Suid-Afrika.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons