SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.77 número1Traces of neo-Calvinism in France and ItalyHermeneia: A theological discourse on hermeneutical issues with three South African theologians índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Koers

versión On-line ISSN 2304-8557
versión impresa ISSN 0023-270X

Resumen

DU PLESSIS, Elize C.  y  MARAIS, Petro. Leerders in die markplein: Etiese en opvoedkundige dilemmas. Koers (Online) [online]. 2012, vol.77, n.1, pp.1-7. ISSN 2304-8557.

Sedert die afskaffing van wetgewing (die Suid-Afrikaanse Skolewet, Nr. 84 van 1996) wat bepaal dat 'n leerder net na 'n sekere skool in 'n area mag gaan, het daar groot kompetisie tussen skole ontstaan om leerders na hul skole te lok. Die tendens het ontstaan om leerders wat 'n aanwins vir die skool kan wees as handelsitems te beskou, veral as hierdie leerders 'n talent toon vir sport en uitstekende sportprestasies lewer. Die hoofdoel van die navorsing was om te bepaal of skoolhoofde, leerders en ouers reken dat dit oneties is om talentvolle leerders te koop. 'n Kwalitatiewe navorsingsbenadering is gevolg om die standpunte van 'n doelgerigte, geselekteerde steekproef van skoolhoofde, leerders en ouers te bepaal betreffende die 'koop' van talentvolle leerders. Hierdie deelnemers is gekies omdat hulle belangrike rolspelers is in die proses wanneer talentvolle leerders 'gekoop' word. Data is verkry met behulp van 'n vraelys met semi-gestruktureerde en oop vrae. Die deelnemers se antwoorde is krities geanaliseer en die etiese korrektheid daarvan is bepaal deur dit te evalueer in ooreenstemming met die etiese idees soos geïdentifiseer in die vyf etiese benaderings, naamlik (1) die nuttigheidsbenadering, (2) die regte-benadering, (3) die regverdigheidsbenadering, (4) die Deugdebenadering en (5) die etiese probleemoplossingsbenadering. 'n Uitbreiding van hierdie bevindinge gee 'n idee van 'n gemeenskap se houding oor die 'koop' van talentvolle leerders en dien ook om vas te stel of daar 'n behoefte tot groter bewustheid van hierdie praktyk bestaan. Die bevindinge is belangrik om die verskillende uitgangspunte van skoolhoofde, talentvolle leerders en ouers rakende etiese en opvoedkundige dilemmas van talentvolle leerders wat 'gekoop' word, te illustreer.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons