SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.77 issue1Towards authentic developmentReflections on a Christian view of human communication author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Koers

On-line version ISSN 2304-8557
Print version ISSN 0023-270X

Abstract

COLETTO, Renato. Christelijke houdings in wetenskap: Die rol van wêreldbeskouings. Koers (Online) [online]. 2012, vol.77, n.1, pp.1-10. ISSN 2304-8557.

Hierdie artikel begin met die besef dat 'n aantal verskillende benaderings tot tot wetenskap binne verskillende Christelike tradisies geïmplementeer word. In 'n poging om die redes vir sodanige verskille te identifiseer, word aangevoer dat die benadering tot wetenskap wat in elke Christelike tradisie aangeneem word, tot 'n groot mate met die aanvaarde wêreldbeskouing van daardie tradisie ooreenstem. In hierdie artikel word 'n aantal weergawes van die belangrikste Christelike wêreldbeskouings geïdentifiseer en in verband gebring met die werk van outeurs (bv. Murphy, die Teonomiese beweging, Barbour, Van Huyssteen, Wolterstorff) wat nie in vorige werke oor hierdie onderwerp bespreek is nie. Die moontlikheid om die verskillende wêreldbeskouings te 'meng' (en dus 'n eklektiese benadering te volg) word ook bespreek. Die voorgestelde taksonomie kan moontlik gebruik word om sowel individuele outeurs as tendense in meer diepte te verstaan, asook om ook 'n 'kaart' van die verskillende bewegings, bydraers en beskikbare opsies, te skets. Daar word aangevoer dat die verskillende wêreldbeskouings nie gelykwaardig is nie en dat die reformatoriese wêreldbeskouing as meer integraal en oorspronklik Bybels geag moet word. Die artikel sluit af met 'n oproep tot konsistensie ter wille van behoorlike Christelike wetenskap.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License