SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.77 número1A Christian mission of glocal culture within riven societies in God's worldTraces of neo-Calvinism in France and Italy índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Koers

versión On-line ISSN 2304-8557
versión impresa ISSN 0023-270X

Resumen

RAMDHANI, Jugathambal  y  RAMSAROOP, Sarita. Wetenskap: soveel meer as museums en teaters. Koers (Online) [online]. 2012, vol.77, n.1, pp.1-6. ISSN 2304-8557.

Die jongste literatuur toon dat kuns en estetika in antieke, Islamitiese, Indiese, Chinese, Afrika en Westerse Middeleeuse tradisies voorgekom het. Inligting oor die inkorporering van kuns en estetika in sosiale wetenskappe en ekonomiese en bestuurswetenskappe is egter nie so geredelik beskikbaar nie. Hierdie artikel doen verslag oor twee dosente se vertolking van die sensoriese beskouing of waardering van estetiese oordeel in die akademiese programme aan 'n hoëronderwysinstelling deur middel van 'n narratiewe, verkennende studie. Om kreatiwiteit, passie en verbeelding te stimuleer, is maar 'n paar van 'n reeks eienskappe wat voornemende opvoeders in hul onderrig moet ontwikkel. Navorsing het getoon dat om 'n nadenkende praktisyn te word, moet opvoeders in staat wees om die sukses van hul praktyke te assesseer en ondersoek. Dit is hierdie vryheid om voortdurend nuwe maniere om dinge te doen te bedink, assesseer, verken en daaroor na te dink wat uiteindelik tot die praktiese toepassing lei. Om esteties te onderrig, vereis ook grondige kennis van die pedagogiese inhoud ten einde studente in staat te stel om transformeerders van die samelewing te word. Die hoofdoel van hierdie artikel is om te bepaal hoe ons hierdie eienskappe kan ontwikkel en in onsself en die modules wat ons onderrig, kan vergestalt. Die bevindings van die studie dui daarop dat hoewel sosialiseringsprosesse 'n invloed het op hoe estetika vir een deelnemer geïnkorporeer is, kultuur nie 'n beduidende rol vir die ander gespeel het nie. Die bevindings dui ook aan dat studente opregte waardering het vir die inkorporering van die estetiese domein in die verskillende dissiplines.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons