Services on Demand
Article
Indicators
Related links
Cited by Google
Similars in Google
Share
Koers
On-line version ISSN 2304-8557
Print version ISSN 0023-270X
Abstract
DU TOIT, Jean. Etiek as kommoditeit in die opleiding van hoër onderwys-studente in die natuurwetenskappe en ingenieurswese in Suid-Afrika. Koers (Online) [online]. 2012, vol.77, n.1, pp.1-8. ISSN 2304-8557.
Die velde van die natuurwetenskappe beweeg al verder weg van suiwer teoretiese benaderings tot kennis en word toenemend 'n soeke na toepassings en produkte as die resultaat van navorsingsprojekte. Hierdie verskynsel word selfs in die akademiese milieu aangetref, waar die natuurwetenskap toenemend die doelwitte van die uitkoms-gebaseerde ingenieurswêreld nastreef. Sodanige ontwikkelings word as noodsaaklik beskou in 'n wêreldwye ekonomie wat al hoe meer deur praktiese ekonomiese resultate gedryf word en al hoe minder deur die ideaal om by te dra tot navorsingsveld-spesifieke feite en kennis. Hierdie verskuiwing in navorsingsfokus beteken dat natuurwetenskappe en ingenieurswese met 'n reeks sosiale en etiese probleme gekonfronteer word wat wyer strek as die grense van die laboratorium. Met hierdie veranderinge in gedagte word die etiese begronding van graduandi belangriker. Hierdie artikel sal poog om na die invloed wat 'n suiwer positiwistiese wêreldbeskouing op die etiese en waarde-geassosieerde opleiding van universiteitstudente van die natuurwetenskappe en ingenieurswese het, te kyk. Daar sal gepoog word om aan te toon dat opleiding in die veld van etiese benaderings nie as 'n struikelblok gesien moet word nie, maar eerder as 'n geleentheid vir groei van die individu as deel van die samelewing en as 'n lid wat 'n bydrae tot sy of haar gemeenskap lewer. 'n Oplossing vir die tekort aan etiese opleiding word ook voorgestel: Eerder as om slegs addisionele etiek-modules tot hoogs-tegniese kollege en universiteitskursusse toe te voeg, behoort na die onderliggende wêreldbeskouing en die versteekte en nul-kurrikula van grade gekyk te word om studente eties te begelei.