SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.77 issue1Religion in education: Is there yet another solution?A Christian mission of glocal culture within riven societies in God's world author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Koers

On-line version ISSN 2304-8557
Print version ISSN 0023-270X

Abstract

LOUBSER, Bertie. Opgekoppel en ingeprop - 'n Werklikheidsvisie: Die jeug en nuwe media. Koers (Online) [online]. 2012, vol.77, n.1, pp.1-6. ISSN 2304-8557.

Gegewe die entoesiasme waarmee die jeug van vandag (2011) nuwe media-tegnologie aanvaar en gebruik, kan daar tereg gevra word of hulle enersyds bewus is van, en andersyds of dit hul werklik skeel in hoe 'n mate hierdie inligtingsoordosis hulle lewens raak. Vrae rakende interskakeling, gemeenskaps- en groepsdruk interaksie, identiteit (en identiteitsverlies), en wat die outeur as 'ruimte-tyd verwydering beskryf, word in hierdie artikel toegelig. Die wyse waarop mense (studente of die jeug) nuwe kennis verwerf en inneem (epistemologies gesproke), inligting verwerk en verstaan (kognitief gesproke) en persoonlike waardes en betekenis verwek of formuleer (metafisies gesproke), word deurentyd verander en toegelig, synde verbruikers van nuwe tegnologie. In die jeug se soeke na 'n werklikheidsvisie wat vir hulle gemeenskap en eweknieë aanvaarbaar is, word hulle verplig om sin te maak van die objektief waarneembare, sowel as die subjektief ervaarde gewaarwording van 'n netwerk-wêreld, 'gedompel' in nuwe media.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License